Almal wil ‘n huisie in die bos hê: Bekendstelling van die Euphoria Aftree Oord (3/3)

Welkom terug! Ons sluit ons laaste artikel in hierdie “Bekendstelling van Euphoria Aftree Oord” reeks af met ons huisplanne en bouproses.

Nadat jy saam met ons agente jou erf gekies het, begin die bou beplanning. Huis groottes wissel van twee slaapkamers met twee badkamers, tot 4 slaapkamers met 4 badkamers.

Voorbeeld van 'n vergrootte stoep by Euphoria Aftree Oord

Bouplanne na jou voorkeure en smaak

Daar is ’n verskeidenheid van opsies om jou huis aan te pas volgens jou voorkeur. So kan jy byvoorbeld ‘n enkelmotorhuis of dubbelmotorhuis kies, of jy kan selfs ’n motor afdak kies. Sou dit jou baat kan jy ekstra stoorplek byvoeg of jou stoep vergroot. Dit is maar enkele van ‘n klomp buigsame opsies wat ons bied.

Kyk hier na die beskikbare opsies.

Groenbou, gryswater en sonkrag

Aftree by Euphoria is gegrond op standaard groenbou beginsels, waarvan die belangrikste is dat alle huise Noord front. Dit verseker ‘n lieflike klimaat in die huis dwarsdeur die jaar. Ingesluit in die boupakket prys is onder andere ’n 10 000 liter water tenk vir jou reenwater, ’n gryswaterstelsel wat al jou gryswater sirkuleer na die tuin, en dit spaar jou natuurlik ’n klomp water. Kragbesparing word verseker deur die gebruik van LED ligte, en ‘n sonkragstelsel vir jou geyser.

Troeteldiere en die natuur

Die vraag wat baie van ons besoekers vra is, “Is die aftree oord troeteldier vriendelik?”

Ja! Die aftree oord is die enigste deel van Euphoria wat diere vriendelik is! Dit geld nou vir troeteldier, natuurlik. Die landgoed self spog met pragtige wild wat gereeld te siene is soos jy deur Euphoria ry. Van ’n ryk voëllewe met ‘n groot verskeidenheid spesies, tot 13 bokspesies wat op die oord te vinde is, is Euphoria werklik ’n unieke belewenis van die bosveld.

Bel een van ons agente as jy belangstel of kom besoek ons by Euphoria om self jou erf te kies vir jou aftree huis.

Kontak Blaar Coetzee op 082 781 6917 om ’n afspraak te maak of besoek ons verkoopskantoor op die oord.

Sien die nuutste nuus en daaglikse gebeure op ons Facebook blad of besoek ons Instagram.

Comments

2 responses to “Almal wil ‘n huisie in die bos hê: Bekendstelling van die Euphoria Aftree Oord (3/3)”

  1. […] ons blaaie op sosiale media waar ons nóg meer opwindende nuus sit. Hou jou oog oop vir Deel 2 en Deel 3 waar ons meer sal delf in die bouplanne, fasiliteite, gesondheidsorg en meer! Kontak een van ons […]

  2. […] ons by Euphoria om self jou erf te kies vir jou aftree huis. Hou ook jou oog op ons webtuiste om Deel 3 uit 3 van die Bekendstelling van Euphoria Aftree Oord te lees, waar ons verder gesels oor bouplanne en […]

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *