Versorging

Versorgingsmodel

Die versorgingsmodel by Euphoria aftree oord maak voorsiening vir die volgende vlakke van sorg:

* Voorkomende gesondheidsorg
* Tuissorg – tydelik of voltyds
* Midsorg (assisted living) – hulp met alledaagse lewensaktiwiteite
* Verswaktesorg
* Alzheimer- en dementiasorg

‘n Gesondheidsorgsentrum word opgerig vanwaar die dienste gelewer word, met addisionele fasiliteite wat daarvan deel uitmaak. Daar word aparte akkommodasie voorsien vir midsorg (“assisted living”) en verswaktesorg, wat Alzheimer- en dementiasorg insluit.

Beide tipes akkommodasie word meer volledig beskryf hieronder.

Gesondheidsorgsentrum

Die gesondheisorgmodel by Euphoria aftree oord is ontwerp om alle inwoners se behoeftes aan te spreek. Voorkomende gesondheidsorg vorm ‘n integrale deel van ons benadering en daarom is ons gesondheidsorgsentrum ontwerp met ‘n gimnasium en oefenswembad as twee van die hoofkomponente. Daar is ‘n ruim oefenarea wat dubbeldoelig gebruik deur die koffiewinkel.

Ondersoekkamers en kantore vir ons dokters en voltydse susters is in die gesondheidsorgsentrum geleë, maar vir die sorgwerkers word daar in die huise waar hulle dienste lewer, voorsiening gemaak.

Verdere fasiliteite by die sorgsentrum sluit in ‘n skoonheidsalon, geriefswinkel, posbusse, speelplek vir die kinders en ‘n karwas.

Midsorg-akkommodasie (“Assisted living”)

Die gemeenskaplike woonstel-suites is dubbeldoelig. Dit is ideaal vir inwoners wat hulp met alledaagse lewensaktiwiteite benodig, maar nog nie verswaktesorg nie. Inwoners wat nog onafhanklik woon en verkies om nie ‘n groot huis te onderhou nie, kan ook baie lekker hier woon.

Die 8 eenhede het elkeen sy eie badkamer en kombuisie, met ‘n oopplan leefarea en slaapkamer. Skuifdeure maak oop op ‘n private tuin, wat die inwoners toelaat om nog troeteldiere aan te hou en daar is ‘n onderdak parkering vir een motor.

Die inwoners maak gebruik van die gemeenskaplike fasiliteite in elke huis, wat ‘n groot en goed-toegeruste kombuis insluit, ‘n eetsaal/speletjieskamer, sitkamer met kaggel en groot TV, asook ‘n stoep met ‘n ingeboude braai. Dit skep ‘n lekker sosiale atmosfeer waar elke inwoner steeds sy eie privaatheid behou.

Suites is te koop teen R625 000 op ‘n lewensreg-model.

Verswaktesorg-akkommodasie

Private enkel-suites word voorsien vir diegene wat verswaktesorg benodig. Daar is 10 suites in ‘n huis met ‘n gemeenskaplike eetkamer, sit- en TV-kamer en stoep. Elke suite het sy eie badkamer en plek vir ‘n yskas, mikrogolfoond en spoel-wasbak.

Skuifdeure na buite laat inwoners toe om gemaklik uit te kom wanneer die weer dit toelaat en nie net heeltyd in ‘n kamer vasgekluister te wees nie. In elke huis word voorsiening gemaak vir die personeel wat voltyds, 24 uur van die dag aan diens is om na die inwoners om te sien.

Verswaktesorg-suites sal slegs te huur wees.