Fasiliteite

Die Euphoria aftree oord is geleë in die Euphoria Gholf- en leefstyllandgoed. Die inwoners het toegang tot die volgende fasiliteite:

Die aftree oord bied die volgende addisionele fasiliteite vir ons inwoners:

Gesondheidsorgsentrum

Die gesondheisorgmodel by Euphoria aftree oord is ontwerp om alle inwoners se behoeftes aan te spreek. Voorkomende gesondheidsorg vorm ‘n integrale deel van ons benadering en daarom is ons gesondheidsorgsentrum ontwerp met ‘n gimnasium en oefenswembad as twee van die hoofkomponente. Daar is ‘n ruim oefenarea wat dubbeldoelig gebruik deur die koffiewinkel.

Ondersoekkamers en kantore vir ons dokters en voltydse susters is in die gesondheidsorgsentrum geleë, maar vir die sorgwerkers word daar in die huise waar hulle dienste lewer, voorsiening gemaak.

Verdere fasiliteite by die sorgsentrum sluit in ‘n skoonheidsalon, geriefswinkel, posbusse, speelplek vir die kinders en ‘n karwas.

Ontspanningsentrum

Ons meerdoelige saal word gebruik vir etes, funksies en byeenkomste. Daar is ‘n kombuis vir spyseniering, ‘n groot stoep vir lekker kuier en nogmaals speelplek vir die kinders.

Die gemeenskaplike braai-area is vir die buite-kuiers, verjaarsdagvieringe en familie-byeenkomste. Jukskeibane word voorsien in die lig van die herlewing van die sport die afgelope tyd.