By Euphoria aftree oord koop jy ‘n erf en ‘n boupakket. Die boupakket behels dat jy op ‘n huisplan besluit wat in jou behoefte en begroting pas, met ekstras en afwerkings volgens jou keuse. Ons bou die huis volledig vir jou in jou voorkeur-styl. Dit is ‘n moeitevrye proses en ons hanteer ook alle administrasie sodat jy net die huis in ontvangs kan neem en intrek.
Ons huise is ontwerp om die meeste te maak van die lekker klimaat in ons omgewing. Al die slaapkamers en die leefkamer front Noord, asook die stoep met sy ingeboude braai. Die huise het 2 badkamers, ‘n oopplan kombuis en eetarea, genoeg ingeboude kaste en ‘n kombuiswerf. Slaapkamers wissel van 2 tot 4 (of ‘n studeerkamer as jy dit verkies).
Die motorhuise is losstaande van die huise vir maksimum buigsaamheid. Dit laat jou toe om ‘n enkel- of dubbelmotorhuis te kies, of ‘n kombinasie van motorhuise en afdakke of selfs net afdakke as dit nodig is om binne begroting te bly. Daar is ook opsies vir ekstra stoorplek en werksareas.
Die planne pas op al die erwe, maar net tipes A en B mag op die kleinste erwe (400 vkm) gebou word. Tipe C-huise mag op beide die kleiner en groter erwe gebou word en Tipes D-F mag weer net op die groter erwe (700 vkm+) gebou word.
Elke huis kry ‘n sonkrag-geyser, ‘n tenk om reënwater op te vang, ‘n gryswaterstelsel om gebruikte waswater na die tuin te herlei, LED-tipe ligte om energie te bespaar en gasstoofplate met ‘n elektriese oond.
Vir huise op die gholf-landgoed stel ons voor dat ons argitek vir u ‘n unieke ontwerp doen wat aan al u behoeftes voldoen, maar ons huisplanne sal net so goed daar pas.
Tipe F2 – 4 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R2 340 500 (plus opsionele ekstras)
Tipe F1 – 3 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R2 258 250 (plus opsionele ekstras)
Tipe E1 – 3 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R2 116 250 (plus opsionele ekstras)
Tipe E2 – 2 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R2 152 250 (plus opsionele ekstras)
Tipe D1 – 3 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R1 940 250 (plus opsionele ekstras)
Tipe D2 – 2 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R1 952 000 (plus opsionele ekstras)
Tipe C1 – 2 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 400 vkm erf van R250 000 ingesluit – vanaf R1 591 750 en met ‘n 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R1 691 750 (plus opsionele ekstras)
Tipe C2 – 2 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 400 vkm erf van R250 000 ingesluit – vanaf R1 681 000 en met ‘n 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R1 781 000 (plus opsionele ekstras)
Tipe C3 – 2 slaapkamers, 2 badkamers, 1 motorhuis
Tradisionele styl, 400 vkm erf van R250 000 ingesluit – vanaf R1 826 000 en met ‘n 700 vkm erf van R350 000 ingesluit – vanaf R1 926 000 (plus opsionele ekstras)
Tipe B1 – 2 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 400 vkm erf van R250 000 ingesluit – vanaf R1 492 250 (plus opsionele ekstras)
Tipe A1 – 2 slaapkamers, 2 badkamers
Tradisionele styl, 400 vkm erf van R250 000 ingesluit – vanaf R1 475 000 (plus opsionele ekstras)
Woonstel-suite – oopplan slaapkamer, 1 badkamer
35 vkm suite met private tuin, 8 suites per huis, gedeelde geriewe, een onderdak parkeerplek per suite – R750 000
![](https://euphoriaaftree.co.za/wp-content/uploads/2020/04/19_31_G1_FLOORPLAN_35m²-1-BED-SUITES_N_2019-11-19-1-1024x724.jpg)