Volledige 684 ha gholf landgoed terreinplan
Die posisie van die aftree oord op die landgoed word hieronder aangedui. Kyk verder ondertoe na die gedetailleerde terreinplan van die aftree oord.
Aftree oord terreinplan
Erwe in die aftree oord is in twee groepe ingedeel van gemiddeld ongeveer 400 vierkante meter en gemiddeld ongeveer 700 vierkante meter. Daar is ‘n paar uitskieter-erwe wat tot so groot as 1400 vierkante meter is.
Bykans al die erwe is so uitgelê dat jy slegs bure aan 2 kante het – die straat is aan die 3e kant en die 4e kant kyk uit op ‘n groen strook, waar bome en boorde aangeplant word, of dit net gewone Bosveld bly.
Kliek op die plan om in te zoom vir meer detail.