EUPHORIA AFTREE OORD

Kom woon in die Waterberg Bosveld van Limpopo, waar die lug nog skoon is, die sterre helder skyn, waar families tyd saam kan spandeer en jy elke dag die natuurskoon om jou kan beleef.

LUUKSE WAARDE VIR GELD

HUISE HUIDIGLIK ONDER KONSTRUKSIE

WOON OP ‘N LUUKSE GHOLF LANDGOED – Ons wêreldklas gholfbaan en oefenfasiliteite is maar van die voordele wat ons bied. Die Euphoria Aftree leefstyl is een wat nie nagemaak kan word nie – kom sien self!

EUPHORIA: ‘N LUUKSE GHOLFLANDGOED LEEFSTYL

Aftrede op Euphoria Golf & Lifestyle Estate kom met al die voordele van die groter oord. Van die kampioenskap gholfbaan, moderne fasiliteite, funksies by die klubhuis en meer, vind uit wat alles deel vorm van die Euphoria aftree leefstyl.

Lees meer →

BOSVELD AFTREDE IN DIE LIMPOPO WATERBERGE

Euphoria is geleë in die Limpopo Waterberge, wat beteken dit is gepaard met wonderlike klimaat en pragtige landskappe. Die omliggende dorpe, onder andere Mookghopong (Naboomspruit) en Modimolle (Nylstroom), bied ook sy eie sjarme.

Lees meer →

BOUPROSES, BOUVORDERING EN NUWE ONTWIKKELINGE

Die Euphoria Golf & Lifestyle Estate groei teen ‘n stink spoed. Kyk wat aangaan met die nuwe huise wat gebou word, of kry inspirasie vir jou eie bouplan deur ons van ons nuutste bouwerk te bekyk.

Lees meer →

WAT ONS BIED

Euphoria aftree-oord bied ‘n ongeëwenaarde leefstyl in die Waterberg Bosveld. Die voltitel oord word ontwikkel op ‘n bestaande gholf-landgoed met ‘n gevestigde wêreldklas gholfbaan, luukse klubhuis en verwante fasiliteite. Boonop is daar ‘n waterpark met swembaddens, glybane en ‘n kinderspeelarea. Die unieke Euphoria kabelspoor vat jou na ‘n restaurant op ons berg met ‘n eindelose uitsig oor die Springbokvlakte. Vir daardie ekstra bederf kan jy ons hydro spa besoek vir ‘n reeks behandelinge.

BOU VOLGENS JOU VOORKEURE

By Euphoria aftree oord koop jy ‘n erf en ‘n boupakket. Die boupakket behels dat jy op ‘n huisplan besluit wat in jou behoefte en begroting pas, met ekstras en afwerkings volgens jou keuse. Ons bou die huis volledig vir jou in jou voorkeur-styl. Dit is ‘n moeitevrye proses en ons hanteer ook alle administrasie sodat jy net die huis in ontvangs kan neem en intrek.

“Euphoria is die beste plek om af te tree as jy opsoek is na ‘n bosveld leefstyl, vars lug, vrede en luuksheid ver van die stad. “

Henk Vorster

Besoeker en inwoner

BLY OP HOOGTE

Wil jy op hoogte bly met alles wat by die Euphoria Aftree Oord gebeur? Ontvang ‘n maandelikse nuusbrief en spesiale geleenthede deur by ons e-pos groep aan te sluit.

BLY OP HOOGTE VAN EUPHORIA AFTREE NUUS

Wil jy meer weet?

Kyk wat alles by die Euphoria Aftree Oord aangaan en leer meer oor die oord se ontwikkelinge deur van ons artikels te lees

Lees artikels →

KONTAK ONS

Stel jy belang om by die Euphoria Aftree Oord af te tree? Kontak gerus ons span om ‘n afspraak te maak

info@euphoriaaftree.co.za

Ons Nuutste Artikels