Tussen die Waterberge in die hart van Limpopo, aan die voet van ’n bergie sit die Euphoria Golf & Lifestyle Estate. Met die prag van die bosveld, wonderlike weer wat jaarliks verskyn en die rustigheid wat Suid Afrikaners lief het aan sy kant, is Euphoria die perfekte plek om jou aftree jare te spandeer.
Ons stel die Euphoria Aftree Oord bekend: a 50 ha porsie van die groter 700 ha Euphoria Golf & Lifestyle Estate. Euphoria is geskep vir diegene wat smag na meer as net die tipiese aftrede, en wat opsoek is na ’n leefstyl wat natuur, gemak, spasie, ’n gesonde leefstyl en genot prioritiseer. By Euphoria is dit PRESIES wat ons aanbied!

Erwe op Euphoria
By Euphoria wissel ons erwe tussen 400 vierkantemeter en 700 vierkantemeter met die doel om vir jou die spasie en privaatheid te gee wat die bosveld kan bied. Dit word bereik deur slegs aan twee kante van jou erf bure te hê, terwyl die derde kant uitkyk op ’n groen strook.
Leefstyl by Euphoria
Dis nou alles goed en wel, maar wat dan van die leefstyl wat jy kan verwag by Euphoria? Geniet die voordele van ’n bosveld leefstyl terwyl jy steeds toegang het tot moderne fasiliteite! Die hoof trekpleister van die landgoed is natuurlik die kampioenskap gholfbaan, spesiaal ontwerp deur die gholf legende Annika Sörenstam. Hierdie baan verskyn op die Sunshine Tour en daag spelers om nie net met krag te wen nie, maar met tegniek en akkuraatheid. As ’n inwoner kan jy ’n afslag op die baan geniet en nie net die baan, maar ook die spel bemeester. Verder kan jy jou gholf bevorder op die oefenfasiliteite wat tot jou beskikking is.
Lus om te gaan stap? Die Euphoria Golf and Lifestyle Estate spog met na aan 20km pragtige paadjies wat perfek is vir fietsry, stap of hardloop. Volg die pad soos hy by die berg op vaar, tussen die bome en strome totdat jy uiteindelik in die ope onder die son is – besoek elke hoek en draai van die oord op jou vrye tyd.
Verkies jy ’n makliker pad? Geen probleem! Stap al langs die gholfbaan soos die son sak en die lug in ’n simfonie van klank en kleur ontaard – waar voëlsang lui soos die son die lug met oranje, pienk, blou en pers verf. Vat jou hond op ’n avontuur deur die aftree oord soos die kalmte van die bosveld jou omhels.
Bederf jouself met ’n maaltyd by die Euphoria klubhuis se restaurant, waar jy die uitsig van die gholfbaan kan inneem. Terwyl jy daar is kan jy sommer ook die splinternuwe padel baan besoek, of omstap tot by die waterpark. Voel jy dalk gespanne? Dit kan maklik opgelos word met ’n masseering of naelafspraak by die spa. Moeg vir die geraas? Ry om die oord en kyk na die prag van die natuur.
HIERDIE EN MEER is wat jy kan verwag wanneer jy aftree by Euphoria. Hou jou oog op ons webtuiste en volg ons blaaie op sosiale media waar ons nóg meer opwindende nuus sit. Hou jou oog oop vir Deel 2 en Deel 3 waar ons meer sal delf in die bouplanne, fasiliteite, gesondheidsorg en meer! Kontak een van ons agente as jy belangstel of kom besoek ons by Euphoria om self jou erf te kies vir jou aftree huis.
Kontak Blaar Coetzee op 082 781 6917 om ’n afspraak te maak of besoek ons verkoopskantoor op die oord.
Sien die nuutste nuus en daaglikse gebeure op ons Facebook blad of besoek ons Instagram.





Leave a Reply