Dit is maklik om ‘n eiendom te koop by Euphoria aftree oord. Die stappe is hieronder in ‘n diagram uiteengesit en kan soos volg verduidelik word:
- Kies ‘n erf, teken ‘n koopkontrak, betaal die koopsom en dan word die erf in die koper se naam oorgedra.
- Besluit op ‘n huisplan. Die basiese plantipe (A1, B1, ens.) bepaal die grootte van die huis en die aantal slaapkamers.
- Kies die styl van die huis – tradisioneel, modern, Avant garde of klassiek.
- Besluit op enige ekstras uit die verskeidenheid van opsies wat beskikbaar is. Dit behels die parkering – motorhuis(e), afdak(ke) of ‘n kombinasie daarvan, ekstra stoorruimte en/of werkspasie, ens. Bespreek die moontlikhede met een van ons agente, wat ‘n volledige kwotasie sal gee van wat alles kos en wat by die boukontrak ingesluit word.
- Die plan word ingedien by die Euphoria Huiseienaarsvereniging en die Munisipaliteit vir goedkeuring.
- Na hierdie goedkeurings moet die koper die finale boukontrakbedrag by die prokureur inbetaal.
- Die huisregistrasie word by die NHBRC ingedien en terselfdertyd word daar met die voorbereiding van die erf begin.
- Sodra die huis by die NHBRC geregistreer is, begin die bouwerk.
- Wanneer die bouwerk afgehandel is, moet die koper die huis inspekteer. Indien daar enige foutjies is, word dit eers herstel en daarna word die huis afgeteken en aan die koper oorhandig.
- Die prokureur betaal trekkings oor aan die bouer soos wat bouwerk vorder, gesertifiseer deur die argitek, maar hou ‘n retensie van 10% wat eers aan die bouer uitbetaal word as die koper die huis finaal afgeteken het.