Kom besoek ons skouhuis op Euphoria

Jou behoeftes is die fokuspunt van die ontwerp van die aftreehuise op die Euphoria Gholf en Leefstyllandgoed.

Al die leefareas en slaapkamers front Noord, vertrekke is ruim, elke huis het minstens 2 slaapkamers en 2 badkamers, daar is genoeg ingeboude kaste in beide die kombuis en die slaapkamers, ‘n opwaskamer is ‘n opsie, parkeringsopsies is uiters buigsaam, “groen” bou eienskappe soos ‘n reënwatertenk, gryswaterstelsel, LED-ligte, gasstowe, en sonpanele vir die geyser is standaard ingesluit, en daar is ‘n keuse van 400, 700 en 1000 vkm voltitel erwe.

Skakel vir Cato Coetzee op 072 027 4154 om ‘n afspraak te maak om die oord te besigtig.

Die eerste aftreehuis is voltooi op Euphoria

Die eerste aftreehuis is gebou op ‘n 1000 vkm gholfbaanerf en word binnekort betrek deur die trotse eienaars, Monus en Kobie Ayres. Die huis kan besigtig word as skouhuis per afspraak.

Dit het net minder as 3 maande geneem om die eerste aftreehuis op die Euphoria Gholf en Leefstyl Landgoed te voltooi. Bouwerk het op 5 Julie begin en is afgehandel op 23 September.

Die huis is gebou op ‘n aangepaste D2-plan, met die keuse van ‘n enkel motorhuis met ekstra werkspasie en ‘n vergrootte stoep. Die eienaars het skuifdeure in die leefkamer en die hoofslaapkamer as opsionele ekstra items bygevoeg. Soos met al ons nuwe huise, was die teëls, ingeboude kaste, en werksblaaie hulle eie keuses.