Maandelikse kostes

Kostes vir eienaars en inwoners van Euphoria aftree-oord

Alle inwoners en besoekers van Euphoria het gratis toegang tot die volgende fasiliteite van die Landgoed:

• Hoof-klubhuis • Hapo Zamani-restaurant • A’luta Dameskroeg • Halfweghuis-restaurant

• Gholf Pro Shop • Gholf oefenareas

Die Euphoria Gholf- en Leefstyl landgoed se heffing is R1972 per maand en dek die volgende:

• Sekuriteit • 2 lidmaatskappe van die Euphoria Gholfklub • Vullisverwydering • Landskapering en onderhoud van gemeenskaplike areas • Administrasie van die Huiseienaarsvereniging

• Water en elektrisiteit vir gemeenskaplike areas • Versekering van geboue en strukture op gemeenskaplike areas • Onderhoud van sypaadjies, paaie, rante en ander gemeenskaplike areas • Onderhoud van die grensheining en toegangshekke • Onderhoud van die rioolaanleg

Elke huishouding in die Euphoria aftree-oord betaal verpligte maandelikse dienstefooie van R2000 vir 2026 vir 1 of 2 mense per huis en R950 per addisionele inwoner. Dit dek die volgende:

• Voorkomende gesondheidsorg • Draagbare sender en noodreaksie vir mediese noodgevalle • Sekondêre sekuriteit en toegangsbeheer • Weeklikse huisskoonmaakdienste • Tuindienste • Gebruik van die aftree-oord gimnasium en verhitte oefenswembad

Inwoners van die Euphoria aftree-oord het verder gratis toegang tot die volgende fasiliteite van die aftree-oord:

• Geriefswinkel • Wassery • Skoonheidsalon • Kinderspeelareas • Gemeenskaplike tuine en -boorde

Inwoners van die Euphoria aftree-oord het ook gratis toegang tot die volgende fasiliteite van die Landgoed:

• Waterpark en speelarea, met super tubes en swembaddens • Kabelspoor na bo-op die berg, waar die Ntshonalanga restaurant geleë is • Bergfietsroetes • Staproetes

Elke huishouding is verplig om 20 middagetes per maand te betaal. Die aanvanklike koste vir 2026 is R75 per ete.

Water word gemeet en maandeliks betaal. Elektrisiteit is op ‘n voorafbetaalde stelsel (“pre-paid”).

Die totale maandelikse koste per huishouding is dus:

R1972 landgoed-heffing + R2000 aftree-oord dienstefooie = R3972.

20 Etes @ R75.00 = R1500

Water en elektrisiteit sal afhang van gebruik.

Munisipale belastings sal afhang van die waarde van die eiendom.